AFRIKAANS
BYKOMSTIGE REËLS EN RIGLYNE
1. SPRAAK & DRAMA
1.1 Alle items is eie keuse, maar moet aan die standaard van die betrokke opvoedkundige vlak voldoen. Slegs gepubliseerde werke mag gebruik word – geen eie gedigte nie.
1.2 Let asseblief op die maksimum tydsbeperking vir elke item. Dit sluit die opstap en afstap in. Deelnemers sal gepenaliseer word indien hierdie tyd oorskry word.
1.3 Afskrifte van die voordragte wat aangebied word, moet vooraf by die beoordelaarstafel ingehandig word. Indien meer as een deelnemer dieselfde werk voordra in enige item word slegs een afskrif van die werk vereis. Bring asb. die deelnemer se naam en die itemkode op die afskrif aan.
1.4 Die getal inskrywings word beperk tot TIEN per item per skool of privaat.
1.5 Poësie: Formele vertolking deur middel van stem en gesig, sonder gebare.
1.6 Gedramatiseerde Poësie: Behels dat die geskrewe woord verlewendig word deur middel van gemotiveerde gebare en bewegings. Die verhoogruimte moet sinvol benut word.
1.7 Prosa: ‘n Vertelling met karakterisering. Vertolking deur middel van stem en gesig, sonder gebare.
1.8 Gedramatiseerde Prosa: Die geskrewe woord word deur middel van die stem, gelaatsuitdrukking en gemotiveerde gebare en bewegings gedramatiseer. Dialoog moet sterk gekarakteriseer word. Die balans en diepte van die verhoogruimte moet sinvol benut word. Geen rekwisiete word toegelaat nie.
1.9 Bybelvoordrag: Voordrag uit die Bybel (enige Afrikaanse vertaling).
1.10 Monoloog: ‘n Gedeelte uit ‘n toneelstuk, eenbedryf of ‘n verwerkte gedeelte uit ‘n prosaverhaal kan gebruik word. Die deelnemer bly deurgaans dieselfde karakter en moet ‘n persoon van eie geslag voorstel. Kostuum en rekwisiete is opsioneel.
1.11 Karakteruitbeelding: Die voorstelling deur een persoon wat deur middel van woord, gesigspel, gebare en beweging verskeie karakters uitbeeld. ‘n Samehangende gedeelte uit ‘n toneelstuk of ‘n verwerking uit ‘n prosawerk kan gebruik word. Let wel: slegs dialoog.
1.12 Voordragkonsertprogram: ‘n Program van goeie verskeidenheid en veelsydigheid wat deur een persoon aangebied word. Hierdie program moet gebalanseerd wees en die klem moet op verskeidenheid, deurlopende tema en wisseling in aanbieding val. Die program moet ten minste drie genres insluit en kan bv. as volg saamgestel word: liriese gedig, beskrywende prosa, dramatiese monoloog of karakteruitbeelding en ‘n komiese item (poësie, prosa, drama). Binding deur teks of musiek word toegelaat, maar mag nie oorheers nie.
1.13 Onvoorbereide Lees: Leesmateriaal sal deur die beoordelaar verskaf word. Deelnemers word na ‘n aparte lokaal geneem, terwyl die eerste deelnemer optree sal die volgende deelnemer ‘n geleentheid kry om sy/haar leesstuk voor te berei. Deelnemers sal nie toegelaat word om die lokaal voor of na hul optrede te verlaat nie. Slegs leerders met goeie leesvaardighede behoort hiervoor in te skryf. Optrede vind in skooluniform plaas, tensy privaat ingeskryf is.
1.14 Dialoog: Die dramatiese of komiese voorstelling deur 2 – 5 persone. ‘n Gedeelte uit ‘n toneelstuk of ‘n verwerking uit ‘n prosaverhaal kan gebruik word. Rekwisiete is ‘n vereiste.
1.15 Formele Spreekkoor: Slegs een gedig mag voorgedra word. Geen beweging of gebare word toegelaat nie.
1.16 Gedramatiseerde Spreekkoor: Een gedig kan gedramatiseerd aangebied word. Beweging is verpligtend, maar kostumering, dekor en grimering, asook bykomende effekte soos beligting, byklanke, musiek, ens. is opsioneel en sal nie bydra tot die finale simbool nie. Deelnemers sorg vir eie toneel-benodighede. Gebruik verhoogbeplanning en vlakke en nie net gebare nie. Minimum 11, maksimum 25 lede.
1.17 Eksperimentele Groepwerk: ‘n Aanbieding deur 2 -6 deelnemers van wisselende aard (ernstig of komies) uit verskillende literêre genres (bv. poësie, prosa en drama), maar met ‘n sentrale tema. Musiek en sang mag gebruik word om die items te bind, maar die gesproke woord moet oorheers. Bring eie toerusting, musiek, koorde, rekwitsiete ens.
1.18 Eenbedryf: Dit moet binne die begripsvermoë en verwysingsraamwerk van die deelnemers val. Die maksimum speeltyd is 45 minute. Maksimum van 5 minute word vir die opstel en inkleding van die dekor toegelaat, en 5 minute vir die verwydering daarvan. Die aantal deelnemers is onbeperk.
Die stuk wat aangebied word, moet suiwer toneelwerk wees. Geen sangspeletjies, operette, ens. word aanvaar nie. Elke produksie sorg vir ‘n eie verhoogspan onder die jurisdiksie van die verhoogbestuurder. ‘n Afskrif van die verhoogbestuurder se teks moet op aanvraag aan die beoordelaars beskikbaar gestel word.
Deelnemers sorg vir eie dekor en toneelbenodighede. Die gebruik van beligting, dekor en inkleding dra nie direk by tot die simbool wat deur die beoordelaars toegeken word nie. ‘n Kleedrepetisie kan met die organiseerders gereël word.
Kontak DALRO by 010 822 7469 of aanly by https://www.dalro.co.za/get-permission om aansoek te doen vir opvoerregte. Die toestemmingsertifikaat moet ‘n week voor die beoordelingsdatum by die organiseerders van Harrismith Eisteddfod ingedien word.
AFRIKAANS – SPRAAK & DRAMA KODES
Skool graad | POËSIE |
Tyd in min | GEDRAMA- TISEERDE POËSIE | Tyd in min | PROSA | Tyd in min | GEDRAMA-TISEERDE PROSA | Tyd in min |
VS | A000 | 1 | – | – | – | |||
1 | A001 | 1 | A101 | 2 | A201 | 2 | A301 | 3 |
2 | A002 | 1 | A102 | 2 | A202 | 2 | A302 | 3 |
3 | A003 | 2 | A103 | 3 | A203 | 3 | A303 | 3 |
4 | A004 | 2 | A104 | 3 | A204 | 3 | A304 | 4 |
5 | A005 | 2 | A105 | 3 | A205 | 3 | A305 | 4 |
6 | A006 | 2 | A106 | 3 | A206 | 4 | A306 | 4 |
7 | A007 | 2 | A107 | 3 | A207 | 4 | A307 | 4 |
8 | A008 | 3 | A108 | 4 | A208 | 5 | A308 | 4 |
9 | A009 | 3 | A109 | 4 | A209 | 5 | A309 | 4 |
10 | A010 | 3 | A110 | 4 | A210 | 5 | A310 | 5 |
11 | A011 | 3 | A111 | 4 | A211 | 5 | A311 | 5 |
12 | A012 | 3 | A112 | 4 | A212 | 5 | A312 | 5 |
Ope | A013 | 3 | A113 | 4 | A213 | 5 | A313 | 6 |
AFRIKAANS – SPRAAK & DRAMA KODES
Skool graad | BYBEL- VOORDRAG | Tyd in min | MONOLOOG | Tyd in min | KARAKTER- UITBEELDING |
Tyd in min |
VS | – | – | – | |||
1 | A401 | 2 | A501 | 3 | A601 | 3 |
2 | A402 | 2 | A502 | 3 | A602 | 3 |
3 | A403 | 3 | A503 | 3 | A603 | 3 |
4 | A404 | 3 | A504 | 5 | A604 | 4 |
5 | A405 | 3 | A505 | 5 | A605 | 4 |
6 | A406 | 4 | A506 | 5 | A606 | 4 |
7 | A407 | 4 | A507 | 5 | A607 | 4 |
8 | A408 | 5 | A508 | 8 | A608 | 4 |
9 | A409 | 5 | A509 | 8 | A609 | 4 |
10 | A410 | 5 | A510 | 8 | A610 | 5 |
11 | A411 | 5 | A511 | 8 | A611 | 5 |
12 | A412 | 5 | A512 | 8 | A612 | 5 |
Ope | A413 | 5 | A513 | 8 | A613 | 6 |
AFRIKAANS – SPRAAK & DRAMA KODES
Skool graad | VOORDRAG KONSERT-PROGRAM | Tyd in min | ONVOOR-BEREIDE LEES |
DIALOOG | Tyd in min |
VS | – | – | – | ||
1 | A701 | 5 | A1501 | A801 | 7 |
2 | A702 | 5 | A1502 | A802 | 7 |
3 | A703 | 5 | A1503 | A803 | 7 |
4 | A704 | 5 | A1504 | A804 | 7 |
5 | A705 | 5 | A1505 | A805 | 7 |
6 | A706 | 5 | A1506 | A806 | 7 |
7 | A707 | 5 | A1507 | A807 | 10 |
8 | A708 | 10 | A1508 | A808 | 10 |
9 | A709 | 10 | A1509 | A809 | 10 |
10 | A710 | 10 | A1510 | A810 | 12 |
11 | A711 | 12 | A1511 | A811 | 12 |
12 | A712 | 12 | A1512 | A812 | 12 |
Ope | A713 | 15 | A1513 | A813 | 15 |
AFRIKAANS – SPRAAK & DRAMA KODES
Skool graad | FORMELE SPREEKKOOR | Tyd in min | GEDRAMA-TISEERDE SPREEKKOOR | Tyd in min | EKSPERI-MENTELE GROEPWERK | Tyd in min | EENBEDRYF |
VS | A900 | 5 | |||||
1 | A901 | 5 | A1001 | 5 | A1101 | 7 | |
2 | A902 | 5 | A1002 | 5 | A1102 | 7 | |
3 | A903 | 5 | A1003 | 5 | A1103 | 7 | Alle |
4 | A904 | 5 | A1004 | 5 | A1104 | 7 | A1420 |
5 | A905 | 5 | A1005 | 5 | A1105 | 7 | 45 min |
6 | A906 | 5 | A1006 | 5 | A1106 | 7 | |
7 | A907 | 5 | A1007 | 5 | A1107 | 10 | |
8 | A908 | 10 | A1008 | 10 | A1108 | 10 | |
9 | A909 | 10 | A1009 | 10 | A1109 | 10 | |
10 | A910 | 10 | A1010 | 10 | A1110 | 12 | |
11 | A911 | 10 | A1011 | 10 | A1111 | 12 | |
12 | A912 | 10 | A1012 | 10 | A1112 | 12 | |
Ope | A913 | 10 | A1013 | 10 | A1113 | 15 |
2. KREATIEWE SKRYFWERK
2.1 Deelnemers mag slegs in sy/haar graad inskryf.
2.2 Deelnemers mag maksimum een gedig en een opstel inskryf.
2.3 Meld duidelik met inskrywing of die deelnemer ‘n Afrikaans Huistaal (AHT) leerder of Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT) leerder is. Dit bepaal die voorgeskrewe aantal woorde per skryfstuk.
2.4 Deelnemers moet binne die voorgeskrewe aantal woorde vir Huistaal (HT) of Eerste Addisionele Taal (EAT) per graad bly. Die aantal woorde moet aan die onderkant van die skryfstuk aangedui word, byvoorbeeld [220 woorde]. Deelnemers wat nie binne die voorgeskrewe aantal woorde hou nie, sal gepenaliseer word.
2.5 Skryfstukke moet netjies, met die hand, deur die deelnemer self geskryf word.
2.6 Alle inskrywings moet die oorspronklike werk van die deelnemer self wees. Geen plagiaat mag gepleeg word nie en geen werk mag vertaal word nie.
2.7 Deelnemers moet hul besonderhede op die ingeslote verklaring van oorspronklikheid invul en dit saam met die onderwyser/tutor onderteken om te bevestig dat dit wel hul eie werk is. Heg die verklaring vooraan die skryfstuk aan. Indien nie voltooi nie, sal die skryfstuk ongelukkig nie beoordeel word nie.
2.8 Kreatiewe Skryfwerk MOET voor of op Woensdag 31 Mei 2023 ingehandig word.
2.9 Eie Keuse Poësie: Slegs deelnemers vanaf Graad 8 mag inskryf. Skryf ‘n gedig van minstens 8 versreëls en nie meer as 30 versreëls nie oor ‘n onderwerp van jou eie keuse.
2.10 Opstel: Skryf ‘n opstel oor een van die drie onderwerpe. Deelnemers moet onthou om aandag te skenk aan styl, struktuur en paragraafindeling.
VERKLARING VAN OORSPRONKLIKHEID
Naam en Van: ____________________________________________________ Skool: ____________________________________________________ Skoolgraad: ______________________ HT : _______ of EAT: _________ Itemkode: _____________________________________________________ Onderwerp: _____________________________________________________
Hiermee verklaar ek dat die ingeslote skryfstuk my oorspronklike werk is:
Geteken: (Leerder) (Onderwyser/Tutor) (Datum)
|
AFRIKAANS – KREATIEWE SKRYFWERK KODES & ONDERWERPE
Skool graad | EIE KEUSE POËSIE KODES | Skool graad | OPSTEL KODES | OPSTEL ONDERWERPE |
Huistaal (HT) Woorde | Eerste Add Taal (EAT) Woorde |
1 | – | 1 | A1301 | 1: Die towersleutel | 40 | – |
2: Lekkergoedland | 40 |
– |
||||
3: Liewer bang Jan as dooie Jan | 40 |
– |
||||
2 | – | 2 | A1302 | 1: Die geheime koninkryk | 40-70 | – |
2: Bel die Brandweer! | 40-70 |
– |
||||
3: As die kat weg is, is die muis baas | 40-70 |
– |
||||
3 | – | 3 | A1303 | 1: Pret in ouma se kombuis | 70-100 | – |
2: Die towerkissie | 70-100 |
– |
||||
3: ‘n Wolf in skaapklere | 70-100 |
– |
||||
4 | – | 4 | A1304 | 1: Die vreemdeling op die dorp | 100-130 | 70-100 |
2: Skaakmat! | 100-130 |
70-100 |
||||
3: Boontjie kry sy loontjie | 100-130 |
70-100 |
||||
5 | – | 5 | A1305 | 1: Die krakende trappe | 130-160 | 100-130 |
2: Kodewoord…gekraak | 130-160 |
100-130 |
||||
3: Ek het ‘n voëltjie hoor fluit | 130-160 |
100-130 |
||||
6 | – | 6 | A1306 | 1: Die huis met die rooi dak se geheim | 160-200 | 130-160 |
2: Was dit ek? | 160-200 |
130-160 |
||||
3: Die stoute skoene aantrek | 160-200 |
130-160 |
||||
7 | – | 7 | A1307 | 1: Genoeg is genoeg! | 200-250 | 160-180 |
2: Dagdroom | 200-250 |
160-180 |
||||
3: Jy moet hare op jou tande hê | 200-250 |
160-180 |
||||
8 | A1208 | 8 | A1308 | 1: Dis lekker om jonk te wees | 300-350 | 180-210 |
2: Masker | 300-350 |
180-210 |
||||
3: Die drama op TikTok | 300-350 |
180-210 |
||||
9 | A1209 | 9 | A1309 | 1: “Wie is jy?” | 350-400 | 210-250 |
2: Asem | 350-400 |
210-250 |
||||
3: Die naamlose pakkie | 350-400 |
210-250 |
||||
10 | A1210 | 10 | A1310 | 1: My beste “ek” | 400-450 | 250-280 |
2: Roofvoëlvriende | 400-450 |
250-280 |
||||
3: Laat die spel begin | 400-450 |
250-280 |
||||
11 | A1211 | 11 | A1311 | 1: Om ‘n lang storie kort te maak… | 450-500 | 280-310 |
2: Kringloop | 450-500 |
280-310 |
||||
3: Kies jou woorde mooi | 450-500 |
280-310 |
||||
12 | A1212 | 12 | A1312 | 1: As dit donker word | 500-600 | 310-350 |
2: Wegbreek | 500-600 |
310-350 | ||||
3: Nou of nooit | 500-600 |
310-350 | ||||
Ope | A1213 | Ope | A1313 | 1: As dit donker word | 500-600 | 310-350 |
2: Wegbreek | 500-600 |
310-350 | ||||
3: Nou of nooit | 500-600 | 310-350 |