‘n fees van kunste!
Harrismith Eisteddfod, ‘n fees van kunste! Vir ons gaan dit nie net oor die toekennings nie, maar oor ‘n geleentheid om talente ten toon te stel, kreatiwiteit te deel en om die beste in elke individu na vore te bring. Dit is altyd ‘n verrykende, genotvolle ervaring vir elke deelnemer en beslis ‘n hoogtepunt op die kulturele kalender!
Ons bedank elke borg wat dit vir ons moontlik gemaak het om hierdie Eisteddfod aan te bied. Dankie aan elke beoordelaar vir julle opboudende terugvoer en kommentaar. Dankie aan elke deelnemer wat hul staal gewys het, maar ook aan elke afrigter en onderwyser vir die ondersteuning en ure se harde werk. Ons het julle baie geniet en kan nie wag om julle weer in 2025 te sien nie.
Hou die kultuurvure aan die brand!