
‘n fees van kunste!
Harrismith Eisteddfod, ‘n fees van kunste! Vir ons gaan dit nie net oor die toekennings nie, maar oor ‘n geleentheid om talente ten toon te stel, kreatiwiteit te deel en om die beste in elke individu na vore te bring. Dit is altyd ‘n verrykende, genotvolle ervaring vir elke deelnemer en beslis ‘n hoogtepunt op die kulturele kalender!
So was dit dan ook hierdie jaar. Baie dankie aan elke afrigter, onderwyser, ondersteuner, komiteelid, beoordelaar en borg wat dit moontlik gemaak het vir die deelnemers om te skitter. Baie geluk – elke uitvoering en werk was voorwaar spesiaal.
Hiermee die uitslae vir 2025:

